Centurion Teater - Tuis

NUUTSTE NUUS
Ons wil U graag by die nuwe web tuiste van die teater verwelkom. Ons hoop julle hou van die nuwe stylvolle ontwerp. Die konsep was van die begin af om die teater se verskillende genre uit te beeld. Nie net doen die teater klassieke drama produksies nie, maar ook kontemporere kuns vertonings, alle sang genre en 'n verseidenheid ander events.

Kom kyk gerus gereeld vir nog veranderinge ... ons gaan deur die verloop van die volgende paar maande nog toepassings van die teater uitbeeld aan die bokant van die bladsye.

HOOGTEPUNTE

SES SNARE MET NUWE PROGRAM BY CENTURION TEATER

Met: Mathys Roets, Mel Botes, Blackie Swart, Wouter van de Venter, Leon Ecroignard en Thean Kotze

Ses Snare skop ‘n bedrywige 2010 af met ‘n splinternuwe program wat op 9 en 10 Februarie vir die eerste keer by Centurion Teater aangebied word. Die groep het hul eerste optrede by die Centurion Teater in Julie 2008 gehad en sê op hierdie wyse dankie aan die teater waar alles vir hulle begin het.

Die groep het bekend geraak vir die wyse waarop hulle ou treffers afstof en met akoestiese kitaar en stem nuwe kleur aan bekende liedjies gee. Tussendeur is daar ook heelwat oorspronklike musiek wat deur die manne self geskryf is. ‘n CD en DVD is einde Oktober 2009 vrygestel en is landwyd by musiekwinkels beskikbaar.

Benewens die optredes by Centurion Teater en binnekort by die KKNK, gaan Ses Snare vanjaar landwyd meer optredes doen by Kunstefeeste en teaters.

Volgens Giep van Zyl, bestuurder van die groep, gaan Ses Snare nie afwyk van hulle suksesresep nie: “Ons gaan steeds bekende sowel as oospronklike musiek in die nuwe program insluit, maar ons wil graag die show na ‘n hoër vlak neem. Ons gaan ‘n paar musikaal uitdagende songs instudeer en nog meer gebruik maak van elke Snaar se besonderse talente, en op hierdie manier ons repertorium uitbrei. Ons gaan steeds ‘n paar van die vorige produksie se songs ook doen, maar daar wag ‘n paar lekker verassings op gehore wat Ses Snare vanjaar gaan sien.”

" The stage is not merely the meeting place of all the arts, but is also the return of art to life. "
Oscar Wilde (1854-1900) Irish poet and dramatist.

KUNSTENAAR HOEKIE
Flip a Coin tree op 20 Februarie by Centurion Teater op.  Dit is 'n jong, energieke groep wat bestaan uit ses aantreklike jong mans met baie talent en bied iets wat almal kan geniet.

Flip a Coin wen MK AWARD 2009
Op 12 Maart 2009 is Flip a Coin aangewys as MK wenners in die kategorie SEXYSTE vir hulle musiekvideo Jasmyn. 

Die groep bestaan uit:

1. Niekie
2. Stefan
3. Mario
4. Michael
5. Katlego
6. Johan

Naam:
E-pos adress:
Sluit aan
Verwyder

 

Teater Nuusbrief:

Skryf in en bly op hoogte van al ons nuwe vertonings en nuus.ogte!

 

 



Kopiereg © Centurion Teater 2010 | Alle regte voorbehou | Ontwerp deur Why Concepts.