Chris Chameleon - vernuwend, prolifiek en eindeloos kreatief, het bekend geraak in Suid-Afrika, asook oorsee, as ‘n musikale fenomeen. Met ‘n eiesoortige styl, bekoorlike verhoogpersoonlikheid en ‘n reputasie om gehore met sy vier-oktaafstem en stemtoertjies te betower, het sy uitsonderlike talent het hom uitstekende resensies en vele toekennings besorg oor die afgelope vier jaar.
• KANNA-toekenning vir Beste Manlike Kunstenaar by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees 2009 • INNIBOS-toekenning vir Mees Gewilde Produksie by Innibos Kunstefees 2009 • Huisgenoot Tempo-toekenning vir Mees Gewilde Afrikaanse Album vir “Ek Vir Jou” 2008 • Vonk-toekenning vir Beste Solo DVD vir “Klassieke Chameleon” 2008 • SAMA-toekenning vir Beste Afrikaanse Kontemporêre Album – “7de Hemel” 2007 • Erepenning: Toegeken aan Chris deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns vir sy bydrae tot Afrikaanse musiek - 2007 • FAK-toekenning vir Uitsonderlike Kulturêre Prestasie - 2007 • VONK-toekenning vir Beste Manlike Solokunstenaar - 2007 • VONK-toekenning vir Beste Liedjieskrywer vir STERREDANK - 2007 • KANNA-toekenning vir Beste Musiekteater Produksie by KKNK - 2007 • Gehoorkeuse-toekenning vir KLASSIEKE CHAMELEON by Aardklop - 2007 • Huisgenoot Tempo-toekenning vir Gunsteling Kontemporêre Kunstenaar - 2006 • VONK-toekenning vir Beste Manlike Kunstenaar - 2006 • VONK-toekenning vir Beste Manlike Album: “Ek Herhaal Jou” - 2006 • MK-toekenning vir Beste Solo Video “Die Onverkrygbare” - 2006 • MK-toekenning vir Sexyste Video “Die Onverkrygbare” - 2006 • AMT-toekenning vir Beste Manlike Album “7de Hemel” - 2007 • AMT-toekenning vir Beste Manlike Video “Groet” - 2007
Chris Chameleon’s se nuutste Afrikaanse solo album, “Kyk Hoe Lyk Ons Nou,” is vrygestel in Maart 2009. Chris het weereens saamgewerk met vervaardiger Theo Crous, en ‘n klank geskep wat ‘n progressie is van die styl wat sy eerste drie Afrikaanse albums gekenmerk het. Die musiek is gebruik in die kykNET dokumentêr “Kyk Hoe Lyk Ons Nou” (Look At Us Now) – wat ‘n nader kykie gebied het aan die breë Afrikaanse gemeenskap in Suid-Afrika. Chameleon was ook ‘n spesiale aanbieder van die genoemde kykNET dokumentêr wat uitgesaai is op kykNET in November 2009.
Slegs met sy kitaar en asemrowende, ongewone stemwerk, neem Chris Chameleon luisteraars op ‘n reis, na plekke van musikale betowering en verwondering. As die afgelope jaar enige indikasie is, lyk dit asof Chris Chameleon ‘n baanbreker vir Suid-Afrikaanse musiek regoor die wêreld gaan wees…
|