Tuis » Nuusbrief
Ons Nuusbrief

Februarie Nuus
Centurion Teater Nuusbrief Vriende

10 Februarie : Sonja Herholdt en Simeon Hamman “Sonja en Simeon Unplugged”
Sonja Herholdt en haar seun Simeon Hamman is saam te sien op een verhoog. Die musikante saam met hulle is: Vernie Scholtz; Josh Oosthuizen en Peter v.d Poel. Simeon gee ‘n akoestiese voorsmakie van sy nuwe album, wat binnekort uitgereik word. As Simeon en Sonja saamsing bly die nostalgie nie agter nie, so ook as Sonja haar bekende treffers bietjie anders vertolk en van haar eie gunstelinge sing.

R130.00 p.p  Computicket / Teater kantoor : 012 664 7859

11 Februarie : Henry van Dyk, Alwyn van Heerden, asook Wynproe en ligte (snack platter) ingesluit
Vroeë Valentynsdag.. met ‘n tinteling vir elkeen van jou sintuie (‘n musiek, kos en wyn sensasie)
Kunstenaar : Henry van Dyk
Pianis : Alwyn van Heerden
Wynmaker : Johann Visagie – Wynbekendstelling

19:00 - R 200.00 p.p. Computicket / Teater kantoor : 012 664 7859

14 Februarie : Valentynsaand met Rocco de Villiers

“Valentines met Rocco”
Bring jou geliefde, bring jou hart. Geliefde Pianis; Rocco de Villiers speel en praat oor liefde, geliefdes, liefdesliedjies. En wat beter as om alles te hoor op die mees romanties instrument, die Klavier. Die Pianis en die show is warm, rooi, koel en romanties.
90 minute van pure mooigeid!
Bespreek betyds, daar is min plek oor.

R 120.00 p.p  Computicket / Teater Kantoor 012 664 7859

18 Februarie : Amanda Strydom en Janine Neethling “Piekfyn”

Noem net die name; Amanda en Janine en die aand is reeds ‘n hoogtepunt. Briljante Sangeres – Amanda Strydom en Briljante Pianis – Janine Neethling gaan ons betower met die mooiste musiek, soos net hulle kan. Kom geniet hierdie heerlike aand saam met ons.

R 120.00 p.p   Computicket / Teater Kantoor 012 664 7859

23 Februarie : STEF BOS “SOLO”  Slegs een aand !!

Die baie gewilde Stef Bos, tree 23 Februarie by ons op. Moenie hierdie briljante vertoning misloop nie !!!!

R 150.00 p.p   Computicket / Teater Kantoor 012 664 7859

24 en 25 Februarie : KOPSTUKKE (Komedie)

Lizz Meiring, Andrè Stolz   Regie: Sandra Prinsloo  Vervaardiger: Kosie Smit
Jeanne Goosen se swart komedie “Kopstukke”, het reeds bykans klassieke en kultus status bereik. Reeds met die eerste Produksie was dit ‘n weghol sukses. Nou twintig jaar later word dit weer aangebied met die seënwense van die dramaturg en die oorspronklike spelers; Andrè Stolz en Lizz Meiring sal weer verskyn as die professor en sy middelklas vrou wat weens ‘n motorongeluk vasgekluister is in hulle bed.

Vrydag 24 Feb @ R 100.00 p.p en Saterdag 25 Feb @ R 120.00 p.p


29 Februarie : “Pandora se Doos”

Delene van Dyk presents the english version of the exciting “Pandora se Doos”, talking about human sexuality through sharing stories, especially these with lots of s-words : shame, stigma, stereotypes, sin, silence, stress, sexual orientation, secrets etc.
Think outside the box; Ask your question and post it anonymously in Pandora’s Box.
Adults only !!!!

19:00  @ R 120.00. By Teater kantoor : 012 664 7859


MAART NUUS !!!

6 Maart : Klassieke Dinsdae: Boverhoff & Sander Klavier Duet
11:00 in die oggend
R 60.00 p.p. (Sluit Tee en Koffie in)

* Carmen Overture
* Warsaw Concerto
* Air on a G string
* Casta Diva
* Lacrimosa
* Radetzky March
* In the hall of the Mountain King
* Aquerium
* The Swan
* The Sugar Plum Fairy
* Vocalize
* Nimrod
* Pomp and Circumstance March

9 Maart : The Bats   20:00

10 Maart : Jazz aand by tafeltjies met ligte ete ingesluit. Andrew Massey and Band. Justin Holcroft (Saxophonist), from the UK.  19:00

14 Maart : 100% Volroom Melt. Melt Sieberhagen. Stand up comedy!  20:00

15 Maart : Elvis Blue en Band  (Idols)   20:00

17 Maart : Koos Kombuis  20:00

24 Maart : KYKNET se gewilde kinder reeks “Tjiff en Tjaff” op die verhoog. Vir al die kinders !!! Kinderteater.  10:00 en 13:00

28 Maart : Chris Chameleon

30 Maart : “Teerling ” Nuwe drama van P.G Du Plessis, met Milan Murray en Marcel van Heerden. Spesiale voorskou !!

4 April – Kinderteater met ‘n splinternuwe Wielie Walie Boogie Boing – Boing. Musiek – kinderproduksie vol pret en lag.


Hoop almal het ‘n goeie week. Kom geniet ons heerlike vure buitekant en geniet ‘n drankie in die vierkant! Intieme Teater op sy beste !

Centurion Teater Groete
Debbie Linde