Centurion Teater - Nuusbrief

Goeiedag Centurion Teater Nuusbrief Vriende,
 
Die Herfs is in die lig en die April vakansie en KKNK is om die draai!  Van die produksies by die KKNK kom ook Centurion Teater toe bv. “La Diva” (26 Mrt), “Dinsdae by Morrie” met Chris van Niekerk en Pedro Kruger (12 – 15 Mei), “Miss South Africa” met Vinette Ebrahim (29 Mei), “Flip a Coin: Vocals en Wyn” (5 Jun) Rudi en Corlea (25 Junie), Cutt Glass (26 Junie), Romanz (16 + 17 Jul), “Dowwe Dolla 007: geskud, nie gepluk nie” (23 + 24 Jul), “Met die Holm gebore” Marion Holm (27 + 28 Aug).  Dit gee ons ondersteuners die kans om liewer van die ander en groter produksies by KKNK te kyk.

Die groot produksie Afri-Frans met Myra Maud, Laurika Rauch, Anna Davel, Mathys Roets en Anna Mart vd Merwe by die KKNK asook in Pretoria op 1 Mei, word by ons as 'n solo vertoning aangebied met die Franse Myra Maud en Matthys Maree op klavier op 11 Mei – ons is werklik bevoorreg!!  Sien ook vir meer inligting www.afrifrans.co.za.

“Drie van die Bestes” se groot nuwe produksie op 27 Maart by die NG Kerk Pierre van Ryneveld is nie moeilik om te vind nie.  Gaan na http://www.pvr.co.za/page/aanwysings-kaart vir 'n padkaart en bespreek sommer nou by ons!  Dit is beslis iets wat jy nie moet mis nie!

Nog 'n nuwe vertoning is oop nl Sonja Herholdt met 'n splinternuwe vertoning nl “Pêrels” op 24 Apr.  “Op hierdie album sing sy 9 oorspronklike nuwe Afrikaanse liedjies. Die album sluit ook 'n bonus CD met 18 van haar grootste treffers in. Tydens haar vertoning op 24 April by die Centurion teater sing Sonja vir die eerste keer tydens 'n vertoning die liedjies van haar nuwe album sowel as van die treffers wat haar oor die jare gewild gemaak het. Die vertoning duur 90 min en sluit 'n gasoptrede van haar seun Simeon Hamman in. Pêrels is 'n musikale ervaring, getrou aan Sonja se unieke styl. Sonja sê self, "Pêrels is 'n skatkis van woorde wat jou regop hou."”

Daar is nog kaartjies vir “Klopjag en Dana Snyman” op 10 + 11 Mrt – “Baby as ek verby ry”, - “Die produksie bring twee grotes in hul onderskeie genres byeen en bied aan die teaterganger ‘n emosionele reis wat jou oplaai in die Daniëlskuil van Dana se jeug en jou op al die agterpaaie saamvat en aflaai in die realiteit van die 21ste eeu.  Al bagasie wat jy nodig het is lag, verbeelding en jou ore, die res sal jy langs die pad optel.”

Stef Bos stel sy nuwe Suid – Afrikaanse CD hier vry op 12 + 13 Maart nl “Kloofstraat” maar daar is min kaartjies oor – bespreek blitsig.

Volgende week bied 'n groot verskeidenheid, iets vir elkeen nl “Poprock Klassiq” met Andries Botha, Nedine Blom en Adri Naude-Scholtz (16 Mrt), “Maanmond”:  'n woord en musiekproduksie van Breyten Breytenbach (17 Mrt), Arina de Witt se CD vrystelling op 18 Mrt en Navi Redd op 19 + 20 Mrt.  Volledige inligting van almal is op ons webwerf.  Kyk gerus!

Baie, baie dankie aan almal wat ons navorsing vraelys voltooi en terug gestuur het.  Ons waardeer die moeite, ook vir die wat ons klein vraelys in die Teater voltooi het.  Ons verwerk die inligting en sal later terugvoer gee en kaartjie pryswenners bekend maak.  Dit is nog nie te laat om dit te voltooi nie – as jy tyd het sal dit so gaaf wees!

Die teater is die ideale plek om van die daaglikse stres en sleur te ontsnap – kom ontspan saam met ons.

Groete
Paulette



Kopiereg © Centurion Teater 2010 | Alle regte voorbehou | Ontwerp deur Why Concepts.